Wes-Kaap verminder agterstand van DNS-toetse

Die Wes-Kaap se DNS-toets-agterstand is binne tien maande met meer as 63 000 verminder. Die agterstand staan nou op 25 090 monsters vanaf meer as 89 000 in Oktober verlede jaar. Die LUR vir polisie-oorsig en gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, vra dat die wetenskaplikes van die polisie se forensiese wetenskap-laboratorium die huidige agterstand voor die einde van die jaar moet opklaar. Allen sê hy sal mettertyd die laboratorium besoek om vas te stel hoe die vordering verloop.