Angola stem: Mense soek verandering

Angola se presidensiële en parlementêre verkiesing is vandag aan die gang. Dit word gesien as ‘n veldtog teen die regerende MPLA en die oud-rebelle groep, Unita. Daar is groot uitdagings in die land van 33 miljoen mense. Werkloosheid is tans op 35 persent en uiterse armoede raak meer as 14 miljoen mense wat beteken hulle kan nie elke dag ‘n maaltyd bekostig nie. Shekina Kaconda ‘n inwoner van die buurland, gesels met Kosmos 94.1 Nuus vanuit die hoofstad, Luanda.