Krieket: Indië se keurkomitee-voorsitter bedank
Krieket: Die voorsitter van Indië se keurkomitee het bedank na ‘n versteekte onderhoud deur ‘n plaaslike televisiekanaal. Die voormalige voorste krieketspeler, Chetan Sharma, is op kamera betrap waar hy beweer het die voormalige kaptein Virat Kohli het, wat hy noem, “ego-onderonsies”, met die voormalige president van die Indiese Krieket-beheerraad, Sourav Ganguly gehad. Hy beweer ook sommige spelers het inspuitings gekry om hulle herstel-periode na beserings te versnel.