Krieket: Groot uitdaging wat op Proteas

Krieket: Die Proteas is onder groot druk voor vanmiddag se tweede van drie T20’s teen Indië in Guwahati. Die span is in die eerste wedstryd met agt paaltjies gestoomroller. Temba Bavuma, Rilee Rossouw, David Miller en Tristan Stubbs het almal Woensdag nulletjies aangeteken, terwyl Quinton de Kock net een lopie kon bygedra. Volgens die veelsydige Wayne Parnell, wat 24 lopies in die eerste wedstryd aangeteken het, het hulle tyd gehad om oor alles te dink wat verkeerd geloop het en is slaggereed om dit reg te stel.