Meerderheid tenders vir twee NamPower-kragstasies gediskwalifiseer

Agt uit die elf tenders vir die konstruksie van NamPower se Ohama-kragstasie is gediskwalifiseer. Die konstruksie van die kragstasie behels onder meer die fondasie, ‘n pad en bouwerk. Volgens die Tender Bulletin is die kontrak toegeken aan Shivute Construction nadat hul tender van 13,2 miljoen Namibiese dollar deur Nampower goedgekeur is. Vir die Kuiseb-kragstasie is elf uit die 13 tenders gediskwalifiseer. Die kontrak is aan Walcon Construction toegeken vir hul tender van sowat 7,334 miljoen dollar. Namibia Construction se tender was 7,635 miljoen dollar.