Rusland beperk toegang tot stromingsdiens

Rusland het toegang beperk tot SoundCloud, ‘n stromingsdiens vir musiek en podsendings, kwansuis omdat vals inligting oor die land se spesiale militêre operasie in Oekraïne daarop versprei word. Sedert sy inval in Oekraïne in Februarie het Rusland verskeie stappe gedoen om toegang tot sosialemediaplatforms soos Facebook, Instagram en Twitter te beperk. Toegang tot SoundCloud word in opdrag van die Russiese aanklaer-generaal se kantoor geblokkeer, volgens die Russiese kommunikasie-waghond, Roskomnadzor.