Krieket: Derde toets tussen Proteas en Aussies eindig onbeslis

Krieket: Die derde toets tussen Suid-Afrika en Australië in Sydney het onbeslis geëindig. Die laaste dag van spel het tot ‘n einde gekom met Suid-Afrika se telling op 106 vir twee. Australië, wat ‘n uitslag probeer afdwing het, het Saterdag hul eerste beurt op 475 vir vier gesluit verklaar, nadat die Suid-Afrikaners in hul eerste beurt vir 255 uitgehaal is. Die toets is gekenmerk deur reën wat spel ontwrig het.