Iranse man in Duitsland vasgetrek oor gevaarlike gifstowwe

’n Iranse man is in Duitsland in hegtenis geneem nadat hy vermoedelik ’n aanval met dodelike chemikalieë beplan het. Die polisie en aanklaers het gesê die 32-jarige man en nog ‘n persoon is oornag in die dorpie Castrop-Rauxel, noordwes van Dortmund, aangehou. In ‘n gesamentlike verklaring het hulle gesê dat die man vermoedelik ‘n ernstige aanval beplan het wat deur Islamitiese ekstremisme gemotiveer is, waarvoor hy na bewering die gevaarlike gifstowwe soos sianied verkry het.