Krieket: Assies gereed vir laaste toets teen Proteas

Krieket: Die afrigter van Australië, Andrew McDonald, sê hy is gemaklik met die vooruitsig om met vyf boulers in die laaste toets teen Suid-Afrika te speel. Volgens McDonald is alle opsies oor die spankeuse beskikbaar nadat Australië reeds ʼn reeks-oorwinning verseker het voor die derde toets wat môre begin. Die Proteas het Donderdag hulle grootste nederlaag nog in Australië gelei toe hulle die Tweede Kersdag-toets met ʼn beurt en 182 lopies verloor het en daarmee ook die reeks.