Internasionale Week vir Dowes in NV herdenk

Die Internasionale Week vir Dowes word vanjaar in Namibië herdenk. Die Wêreldfederasie van Dowes vergader vir die eerste keer ooit in Namibië om te beraadslaag oor kwessies wat dowe mense raak. Lede van die Nasionale Vergadering het vandag tyd gemaak om die week te vier. Een voorstel wat deur die minister geslagsgelykheid Doreen Sioka gemaak is, is dat daar ‘n gebaretaal-tolk in die parlement moet wees sodat dowe mense verstaan wat in die parlement bespreek word.

Swapo-veteraan Jerry Ekandjo, het ‘n beroep op die onderwysministerie gedoen om te verseker dat gebaretaal vanaf volgende jaar vanaf graad een in alle skole verpligtend gemaak word.