Kredietverlening ‘sal waarskynlik later in jaar styg’

Volgens die makelaarsfirma Simonis Storm is kredietopname verlede jaar op 2,4 persent gemeet teenoor 3,6 persent in 2022. Krediet is gedurende die jaar aangedryf deur lenings deur huishoudings wat 4,7 persent groei op ‘n jaargrondslag aangeteken het. Die sakesektor het negatiewe groei van 0,7 persent aangeteken. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Halleluya Ndimulunde, ‘n ekonoom by Simonis Storm, wat sê wanneer rentekoerse in die tweede deel van die jaar verlaag word, sal kredietopname na verwagting styg.