Kry Messi se Barcelona-kontrak servet vir N$7 miljoen!

Sokker: Die servet waarop die 13-jarige Lionel Messi sy eerste kontrak met Barcelona onderteken het, word in Maart opgeveil – teen ʼn aanvangsprys van meer as 7 miljoen Namibiese dollar. Die servet is in Desember 2000 onderteken en bevat ʼn onderneming van die klub se destydse direkteur, Charles Rexach, om Messi ‘n kontrak te gee. Dit is mede-onderteken deur die oordrag-raadgewer van die Spaanse klub, Josep Minguella, en die agent, Horacio Gaggioli, wat die Argentyn aanbeveel het. Messi het ʼn maand later by die Spaanse reuse aangesluit om later die rekord vir die meeste doele te oortref.