Nzimande diskrimineer teen swart akademici, sê ATM

Die African Transformation Movement beskuldig Suid-Afrika se hoër onderwys-minister, Blade Nzimande, van diskriminasie teen plaaslike swart akademici in Suid-Afrikaanse universiteite. Die party se president, Vuyo Zungula, bevraagteken in ‘n brief aan Nzimande sekere uitsluitings en beweer hulle kry die minderwaardige posisies ondanks die feit dat hulle hoogs gekwalifiseerd is. Zungula beklemtoon die voorkeur vir buitelandse swart akademici bo plaaslike mense as ‘n uitdaging. Hy doen ‘n beroep op universiteite om die indiensneming van gekwalifiseerde swart Suid-Afrikaners voorop te stel om werkloosheid te verminder.