Kredietopname sal verder daal

September se privaatsektor kredietverlening het volgens IJG Sekuriteite ietwat verlangsaam in vergelyking met Augustus en sal so voortduur. Daar is groei van 3,1 persent aangeteken teenoor 4,6 persent wat in Augustus aangeteken is. Die laer groei is volgens die Bank van Namibië toegeskryf aan laer vraag deur die korporatiewe sektor, meer spesifiek maatskappye in die konstruksie- en dienstesektor. IJG sê groei in krediet sal gedemp bly te midde van verhoogde inflasie en stygende rentekoerse. Nog ‘n styging in die omgewing van óf 50 óf 75 basispunte word teen jaareinde verwag wat nuwe kredietopname verder sal knou.