Brandarm Noordwes-families ontvang voedselhulp, tuine en meer

Nes in Namibië sukkel Suid-Afrika ook met brandarm gemeenskappe, veral in droeër gebiede. Die buurland se landboudepartement in Noordwes het met ‘n reeks voedselsekerheids-projekte begin om 500 huishoudings in die brandarm Devondale-gebied te help om honger te beveg. Daar is onder meer voedseltuine by skole, gemeenskaps-organisasies en individuele huishoudings aangeplant. Die woordvoerder van die departement, Emelda Setlhako, het inwoners aangemoedig om hul vaardighede tot hul voordeel te gebruik en die regering te help om honger te beveg: