Beurtwater bly in Johannesburg

Johannesburg Water doen ‘n beroep op inwoners om voort te gaan om water spaarsamig te gebruik, aangesien fase twee-waterbeperkings gaan voortduur. Dit volg op Rand Water se aankondiging dat die stad slegs 40 persent waterkapasiteit het. Makenosi Maroo, woordvoerder van Rand Water, sê hulle het nou die Vloeibeheer-bestuurstelsel geïmplementeer wat help om die vermindering van water te beheer. Baie inwoners het gekla oor die lae druk in hul krane. Maroo sê Rand Water werk daaraan om watervlakke in die provinsie te verbeter: