Politieke analis sê wanneer volksmoord-debat in NV kan hervat

Die parlement van Namibië het weer hervat en ‘n aantal kwessies moet bespreek en mosies ter tafel gelê word. Een van die groot verwagtinge sedert die Nasionale Vergadering die afgelope week vergader het, is die volksmoord-debat, maar daar is nog nie ‘n woord daaroor gerep nie. Kosmos 94.1 Nuus het aan die politieke analis, dr. Ndumba Kamwanyah, gevra wanneer kan verwag word dat die debat oor volksmoord gaan vervat.