IMF: Namibiese ekonomie sal vanjaar met 3% groei

Namibië se ekonomie sal na verwagting vanjaar met drie persent groei, gevolg deur 3,2 persent in 2023, het die Internasionale Monetêre Fonds, die IMF, vanmiddag tydens ‘n virtuele perskonferensie aangekondig. Reële BBP-groei sal ondersteun word deur diamant-, goud- en uraanproduksie, en die herstel van die toerisme-sektor. Volgens die IMF sal gemiddelde inflasie in 2022 tot 6,4 persent styg en in 2023 begin afneem.