Kragkrisis kort ‘n plan – Business Unity SA

Business Unity South Africa sê die regering moet dringend ‘n korttermynplan instel om Eskom in staat te stel om krag by alle beskikbare bronne aan te koop en herstelwerk aan kragaanlegte te versnel. Daar word geraam dat die huidige vlaag beurtkrag die land sowat vier-miljard-rand per dag kos. Die organisasie sê die ekonomiese skade wat die voortslepende beurtkrag veroorsaak is enorm en daar moet dringend ingegryp word om die krisis te hanteer of beter te bestuur.