Transforming Education-beraad kyk na inklusiwiteit

Die VN se Transforming Education-beraad is steeds in New York aan die gang. Namibië is ook teenwoordig. Die beraad fokus op die uitdagings wat onderwys ervaar het tydens die pandemie. Edda Bohn, die ministerie se adjunk-uitvoerende direkteur, sê inklusiwiteit geniet baie aandag. 

Sy sê die VN se sekretaris-generaal, António Guterres, het die jeug in drie fases verduidelik toe hy die beraad toegespreek het.