Kragkrisis kan verkiesingskwessie word – kenner

Die Suid-Afrikaanse politieke ontleder Daniel Silke sê beurtkrag ondermyn die ANC en President Cyril Ramaphosa op ‘n tydstip wat albei toenemend kwesbaar is. Eskom sukkel om in die vraag na elektrisiteit te voorsien terwyl sy ou en swak onderhoude kragstasies kort-kort ingee. Daar is vanjaar reeds vir agt agtereenvolgende maande beurtkrag ingestel. Silke sê op krisisvlakke kan die land se elektrisiteitskrisis ‘n groter verkiesingskwessie wees as die gewone persoonlikheid- en beleidsgevegte.