Federasie van joernaliste lê klag by Den Haag oor Shireen

Die Internasionale Federasie van Joernaliste het ‘n klag by die Internasionale Strafhof in Den Haag teen Israel gemaak. Die klag handel oor die skietdood van die deurwinterde Al Jazeera-joernalis, Shireen Abu Akleh in Mei vanjaar. Sy is in die kop geskiet en selfs die Israelse weermag het erken dat dit moontlik deur een van sy lede was. Die president van die Internasionale Federasie van Joernaliste, Jim Boumelha, sê dis ‘n geskiedkundige dag.