Krag moet teen Maandag betaal word

NamPower het sy kliënte daaraan herinner dat hy vroeg in Maart vanjaar sy skuld invorderingsplan bekendgestel het. In ‘n verklaring het die kragvoorsiener gesê dat sy uitstaande debiteure se krag op ‘n skedule afgeskakel sal word. Die skedule vind in 9 fases plaas en begin met 4 ure sonder krag, weekliks. Sou betaling nie gedoen word nie sal die kragonderbreking stelselmatig toeneem tot volle betaling gemaak is. Die plan tree Maandag, 12 April in werking. Daar is talle munisipaliteite, dorpsrade, ministeries en openbare ondernemings wat uitstaande skuld het wat teen 31 Maart vereffen moes wees.