Fishrot-onthullings: daar is niks nuut nie, sê kenner

Die jongste inligting in verband met die Fishrot-skandaal is oor die naweek bekend gemaak deur die ondersoekende eenheid van Al Jazeera. Die nuusagentskap sê President Hage Geingob kan met die skandaal verbind word maar, met verdere inligting wil dit voorkom asof die voormalige Minister van Justisie Sacky Shanghala na bewering die betalings van 4,5 miljoen Namibiese doller gemaak het. Die betalings is na bewering aan Swapo lede gemaak tydens die party se 2017 kongres om te verseker dat Geingob aan bewind bly. Die Direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing Graham Hopwood het sy mening in die verband so verwoord…