Muishonde onder motor, voëlvanger ingeroep

‘n Pretorianer moes vinnig die hulp van ‘n dierewelsynsorganisasie inroep toe hy ná ‘n naweek in die bos by sy huis stilhou en ‘n kolonie van meer as 30 gebande muishonde onder sy motor uitpeul. André Roux het pas van Mabula in Limpopo by die huis aangekom toe dié verrassing hom tref. Brendan Murray van die reddingsentrum vir uile by Hartbeespoortdam was ná ‘n dringende oproep egter gou op die toneel om die diertjies aan te keer. Murray sê dié vangery het ietwat verskil van sy gewone taak om uile te vang: