Kovsies se inheemse kennisplatform kry hupstoot

Die program voorheen bekend as die Universiteit van die Vrystaat se inheemse kennisstelsel, het ‘n jaarlikse Tegnologie- en vernuwings-agentskapsplatform-toekenning van 17 miljoen Namibiese doller ontvang. Dit sal nou bekend staan as die Afrika Medisyne Vernuwing en Tegnologie-ontwikkelingsplatform. Professor Motlalepula Matsabisa sê die platform sal wetenskaplik-gebaseerde oplossings bied wat gebruik maak van inheemse kennis. Sy is onlangs by die Wêreldgesondheidsorganisasie se komitee vir tradisionele medisyne vir Covid-19 aangestel. Matsabisa sê die program sal tot voordeel wees van gesondheid en tradisionele mediese kennis.