Koue kom vir verre Suide

Die Windhoekse Weerkantoor waarsku teen koue wat die verre Suide die naweek kan bereik. Weervoorspeller Richard Nashikaku het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die kouefront sal die Kharas-streek môre bereik met temperature wat tot onder 10 grade Celcius sal daal.