Koue? Kenner sê kom ons kyk eers of dit realiseer 

Volgens Snow Report in Suid-Afrika is sneeuval moontlik vir die hoogliggende dele in die Wes-, Noord- en Oos-Kaap sowel as Lesotho, volgende week. Sommige berigte lui dat daar tussen 1 en 10 sentimeter sneeu kan val. Kosmos 94.1 Nuus het met die weerkenner Johan van den Berg gepraat en gevra of ons weer truie moet uitpak?