Koste van grond dryf huispryse

Tekorte aan beskikbare grond is die oorsaak van die koste van huise. Luidens die jongste verslag van FirstRand sal dieselfde gedienste erf wat 20 000 Namibiese dollar in Keetmanshoop kos, ongeveer 225 000 dollar in Khomasdal kos, ongeveer 11 keer meer. Die verslag voeg by dat sou die waardeketting van die konstruksie van in huis in Keetmanshoop en Windhoek in ag geneem word, beslaan die koste van grond 38 persent van die prys in die hoofstad teenoor 5 persent in Keetmanshoop. Die prys van boumateriaal is vergelykbaar regoor die land en beslaan 60 persent van die koste.