Kospakkies word op Wêreldvoedseldag aan inwoners van Erongo uitgedeel

Die goewerneur van die Erongo-streek, Neville Andre, nooi inwoners van sy streek uit om vieringe van Wêreldvoedseldag môre by te woon. Die vieringe sal in die Walvisbaai landelike kiesafdeling plaasvind. André sê aan Kosmos 94.1 Nuus kospakkies sal aan gemeenskappe in die streek uitgedeel word.