Numsa staak by FAW voertuig-aanlegte in Oos-Kaap

Die Suid-Afrikaanse vakbond Numsa in die Oos-Kaap het vandag by alle FAW voertuig-aanlegte begin staak. Numsa het met die FAW-bestuur in Gqeberha onderhandel oor hoër lone en beter werksomstandighede. Die gesprekke is egter verlede maand beëindig en die vakbond het ‘n geskil teen die maatskappy verklaar. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê een van hulle eise is ‘n 40 rand per uur verhoging vir alle werknemers.