Amerikaanse visumverbod vir Jode wat in Wesoewer aanvalle uitvoer

Die VSA het begin om visumverbod in te stel op mense wat betrokke is by geweld in die Israelies-besette Wesoewer, ná verskeie beroepe vir Israel om meer te doen om geweld deur Joodse setlaars te voorkom. ‘n Nuwe visumbeperkingsbeleid van die Staatsdepartement is teiken individue wat vermoedelik betrokke was by die ondermyning van vrede, veiligheid of stabiliteit in die Wesoewer, insluitend deur geweldsdade te pleeg of ander aksies te neem wat burgerlikes se toegang tot noodsaaklike dienste en basiese benodigdhede onnodig beperk.