Koshuise met skoolvoedingsprogramme sal bykomende rantsoene kry

Die Namibiese onderwysministerie sal geraakte leerders van koshuise wat afhanklik van die skoolvoedingsprogramme is, met bykomende rantsoene voorsien nadat skole die inisiatief geneem het om dit na twee maaltye per dag te verhoog. Die uitvoerende direkteur van die ministerie, Sanet Steenkamp, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.