Brakwater-inwoners kry tussentydse reëling vir munisipale tariewe

Die munisipale raad van Windhoek het die versoek van werksgroepe van die Stad Windhoek en Brakwater-inwoners goedgekeur om tot 31 Oktober voort te gaan met ‘n tussentydse reëling vir tariewe en belasting en afvalbestuurstariewe vir Brakwater-eienaars. Brakwater-eiendomme was as sake-eiendomme gesoneer is, is uitgesluit van dié tussentydse reëling. Konsultasies tussen die partye is deur die Covid-pandemie onderbreek. Die voorsitter van die advieskomitee van Brakwater, Bert Laaser, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.