Geen besoeke aan Katutura-staatshospitaal

Katutura-staatshospitaal in Windhoek het alle besoeke aan pasiënte weens die stygende Covid-infeksies opgeskort. Die hospitaal se superintendent, dr. Nelago Amugulu het gesê geen besoekers sal vanaf vandag tot verdere kennisgewing toegelaat word nie. Suster Manga Libita, ‘n woordvoerder van die Namibiese gesondheidsministerie het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.