Korrupsie steeds ‘n groot uitdaging in SA

Die Suid-Afrikaanse regering herdenk ook vandag die Internasionale Teenkorrupsie-dag en die minister in die Presidensie, Mondli Gungubele, moedig Suid-Afrikaners aan om korrupsie aan te meld. Hy het die media ingelig oor die uitkoms van gister se kabinetsvergadering. Gungubele sê korrupsie, groot of klein, is steeds een van die grootste uitdagings wat die land in die gesig staar, en dit het ‘n negatiewe uitwerking op ekonomiese groei en maatskaplike ontwikkeling.