Covid-19: 446 nuwe gevalle in 12 streke aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het 446 nuwe Covid-gevalle in 12 streke uit 2 697 toetsuitslae aangekondig wat ‘n positiewe koers van 16,5 persent verteenwoordig. In die groep is 31 leerders, 21 studente, 17 gesondheidswerkers en vier onderwysers. Daar is nou 1 322 aktiewe gevalle, waarvan 51 pasiënte in hospitale is en drie in hoësorgeenhede. Altesaam 92 kinders tussen 12 en 17 jaar oud het hul eerste dosis Phizer-entstof ontvang en altesaam 323 043 persone is ten volle ingeënt.