Korrupsie in Namibië kom onder die loep

Die Namibiese Instituut vir Demokrasie bied Donderdag ‘n openbare bespreking oor korrupsie aan. Die bespreking sal handel oor die impak van korrupsie op Namibië en teenkorrupsie-maatreëls wat die land kan tref om te verhoed dat korrupsie enigsins plaasvind. ‘n Projek-konsultant van die instituut, Jacinta Kasume sê aan Kosmos 94.1 Nuus die bespreking vind Donderdagmiddag vanaf twee-uur tot vier-uur by die Huis van Demokrasie in die hoofstad plaas.