Opname wys SA landbou-ondernemings is nie winsgewend

‘n Opname het maatskaplike kwessies blootgelê wat algemeen in die Suid-Afrikaanse landbousektor voorkom, insluitend finansiële wanbestuur, korrupsie, diefstal, konflik en ongeletterdheid. Die studie het bevind dat die miljarde Suid-Afrikaanse rand wat in die sektor belê word, niks anders as armoede tot gevolg het in ‘n bedryf wat ryk en welvarend kan wees nie. Die landboubedryf dra minder as 2,4 persent by tot die bruto binnelandse produk. Die studie se opsteller, Nomsa Ngwenya, sê 78 persent van die deelnemers het gesê hul boerdery-ondernemings is nie winsgewend nie, terwyl die paar wat winste toon, beweer dit is minder as 50 000 rand per jaar.