Korrupsie binne ANC ‘n ernstige bedreiging

Die ANC-president, Cyril Ramaphosa, sê die ANC se 55ste nasionale verkiesingskonferensie het erken dat korrupsie binne die ANC ‘n ernstige bedreiging inhou vir die voortbestaan van die organisasie, en vir die toekoms van die nasionale demokratiese revolusie. Hy sê groot vordering is die afgelope vyf jaar gemaak in die stryd teen korrupsie binne sy eie geledere, in die regering en oral in die samelewing. Ramaphosa sê die party het egter nie genoeg gedoen om korrupsie te beëindig en die uitwerking van staatskaping om te keer nie.