Aardbewing in noord-Kalifornië laat duisende sonder krag

‘n Kragtige aardbewing van 6,4 naby die kus in die noorde van Kalifornië het die lewens van twee mense geëis en 12 beseer. ‘n Brug is beskadig, gaslekkasies is veroorsaak en duisende mense is sonder krag gelaat. Minstens een gebou in Ferndale was in ligtelaaie. Meer as 72 000 huise en ondernemings was sonder krag in Ferndale en die hoofweg-patrollie is ontbied weens krake in die Ferndale-brug oor die Eelrivier. Brandbestryders en hulpbeamptes het nagenoeg 70 noodoproepe hanteer. Die aardbewing is gevolg deur ongeveer 80 na-skokke in ‘n gebied sowat 350 kilometer noord van San Francisco, aflandig van ‘n groot landelike gebied in die Hamboldt-distrik.