Ever Given kan Egipte verlaat, boete is betaal

Die skip wat die Suez-kanaal in Maart versper het, gaan môre toegelaat word om te vertrek nadat sy eienaars ‘n vergoedings-ooreenkoms met Egiptiese owerhede bereik het. Dit het ses dae geneem om die vaartuig, Ever Given, vlot te maak nadat dit gestrand en in die belangrike roete tussen die Middellandse en die Rooisee vasgehaak het. Honderde skepe moes wag en dit het wêreldhandel ontwrig. Media berig die bedrag van die ooreenkoms is nie bekend gemaak nie, maar Egipte het meer as 7,8 miljard Namibiese dollar geëis.