Konvooi staatsvoertuie veroorsaak glo ongeluk

Volgens die Namibië Marshal Rangers het ‘n ongeluk sowat 12 kilometer buite Windhoek op pad na Rehoboth plaasgevind. Die ongeluk is glo veroorsaak deur ‘n ‘n konvooi staatsvoertuie wat ander voertuie teen ‘n hoë spoed van die pad gedwing het. Die bestuurders van die voertuie het gesê hulle moes skielik remme aanslaan om ‘n botsing met die konvooi staatsvoertuie in ‘n draai te vermy. Een persoon is beseer en groot skade is aan albei voertuie aangerig. Die meeste BBP-begeleiers is bekend vir hul hoë spoed en dwing gewoonlik voertuie van die pad af. Sean Naude wat op die ongelukstoneel was, praat met Kosmos 94.1 Nuus.