DA: Versnelde inflasie is rampspoedig vir armes

Die DA sê die versnelde styging in voedel- en brandstofpryse, saam met die styging in kern-inflasie, is rampspoedig vir arm Suid-Afrikaanse huishoudings. Die voortgesette bo-inflasie loonverwante onderhandelings en stakings hou ‘n verdere risiko in vir die herstel van die ekonomie. Dion George van die party sê die regering misluk klaaglik om die nodige fiskale maatreëls in te stel om die vernietigende uitwerking op verbruikers te versag. George voeg by die DA gaan binnekort ‘n lewenskoste-veldtog bekend stel om die druk op huishoudings te verlig.