Vier sterf toe migrante-bootjie in Engelse Kanaal omslaan

Vier mense is dood toe ‘n klein bootjie met migrante vandag in die Engelse Kanaal omgeslaan het. Volgens die Britse regering was die migrante vanaf Frankryk op pad na die Britse kus. Reddingspanne het helikopters en bote gebruik om die migrante uit die ysige water van die kanaal te red. Die Britse regering sê ‘n ondersoek is begin na die omstandighede wat gelei het tot die dood van die vier migrante. Dié het gebeur net meer as ‘n jaar nadat 27 mense in November 2021 dood is toe hulle probeer het om die see in ‘n rubberboot oor te steek, wat as die ergste ongeluk in sy soort in die Britse Kanaal beskryf is.