Konstruksie sal met nuwe projekte moet toeneem

Reaksie word ontvang op die boubedryf wat steeds sukkel. Volgens IJG Sekuriteite is daar sedert die begin van 2023 tot en met November 1 770 bouplanne, ter waarde van 1,41 miljard Namibiese dollar in die hoofstad goedgekeur, amper 25 persent laer as in dieselfde periode van 2022 en 17 persent laer in monetêre waarde. Plaaslike ekonoom Gabriel Erastus gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die komende jaar en die moontlike impak van groen-waterstofprojekte en meer.