Veediefstal, stropery op Otjimbingwe

Op Otjimbingwe sê die Namibiese polisie dat twee verdagtes agter tralies is na hulle twee bokke gesteel het. ‘n Klein bietjie van die vleis is deur die mag gevind met die vermoede dat die res verkoop is. Ook op Otjimbingwe is ‘n man vas na hy gevind is in besit van 236 ietermagô-skubbe. Daardie ondersoek duur voort.