Dayana Yastremska, Linda Noskova haal eerste Grand Slam-kwarteindronde van hul loopbaan

Die kwalifiseerder Dayana Yastremska van Oekraïne is deur na die eerste Grand Slam-kwarteindronde van haar loopbaan nadat sy die tweemalige kampioen, Victoria Azarenka van Belarus by die Australiese Ope verslaan het. Die 23-jarige Yastremska het die wêreld se voormalige nommer een met 7-6 en 6-4 geklop. Die Tsjeggiese tiener Linda Noskova is ook deur na haar eerste major-kwarteindronde nadat Elina Svitolina van Oekraïne weens ʼn rugbesering aan haar wedstryd in die ronde van 16 moes onttrek. Yastremska sê sy moes alles uithaal om Azarenka te wen: