Konstruksie kry 2,6% verhoging

Namibiese konstruksiewerkers sal ‘n 2,6 persent verhoging ontvang na ‘n ooreenkoms tussen die konstruksie-federasie en die betrokke vakbond Manwu. Die vakbond het oorspronklik ‘n 7 persent verhoging geëis maar, die impak van die langdurige droogte en inperkings as gevolg van die pandemie het dit onmoontlik gemaak. Die verhoging pas dus die minimumloon met 2,9 persent opwaarts aan.