Chinese stad ingeperk, delta-variant woed

Die Chinese vervaardigingsentrum Dongguan in die land se Guangdong-provinsie is die jongste stad waar Chinese owerhede ‘n massa inentingsveldtog van stapel gestuur het. Verskeie gemeenskappe is ook ingeperk nadat Covid gevalle begin toeneem het. Owerhede het kommer omdat die dominante variant wat tans in die land voorkom die delta-variant van Indië is. Dit is 2,5 keer meer aansteeklik as die oorspronklike Covid-19. Inwoners van die gebied mag ook nie die stad verlaat sonder ‘n negatiewe toets nie.